|

Kimberley-buurtwag hou wakende oog ten spyte van bibberweer

Die AfriForum-buurtwag in Kimberley het op 14 Junie ongeag die koue weer aktief begin patrollie ry om die stad veilig te hou.

Die buurtwaglede het agtergekom dat selfs die kwaaddoeners deur die snerpende koue afgeskrik word. “Gedurende die patrollie het ons egter waargeneem in watter swak toestand die stad se infrastruktuur is soos waterpype wat lek en strate wat vol slaggate is,” sê Cobus Becker, ’n buurtwaglid.

“Hierdie probleme is nie net ’n daaglikse kopseer vir inwoners nie, maar dit kan ook ons taak om die buurt te beveilig meer uitdagend maak,” sê Henko Visser, voorsitter van die Kimberley-tak.

Hierdie is die eerste aktiewe patrollie nadat die tak hul veiligheidsvergadering op 12 Mei gehou het as deel van die #VegEnBou-projek.

“Die buurtwag is van groot waarde in hierdie gemeenskap. Ek het groot waardering vir elke lid wat sonder vergoeding hul tyd opoffer in die koue vir die gemeenskap se veiligheid,” sê Lize-Mari van der Linden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Karoo.

SMS “Kimberley” na 45351 (R1) om by AfriForum aan te sluit.

Soortgelyke plasings