Kimberley-straatligte steeds buite werking


Die AfriForum-tak in Kimberley het onlangs Projek Straatligpatrollie van stapel gestuur. Die doel van die projek is om te verseker dat stukkende straatligte in dié stad herstel word. Dit behels ook onder meer dat die koördinate en ligging van elke straatlig wat buite werking is vir rekorddoeleindes aangeteken word.

“Sommige van die straatligte is al langer as ’n jaar buite werking en dit is reeds by die Sol Plaatje Plaaslike Munisipaliteit aangemeld. Dit hou ’n veiligheidsrisiko vir inwoners in, aangesien verdagtes en verdagte optrede nie in die nag bespeur kan word nie,” sê Gideon Gouws, voorsitter van AfriForum se Kimberley-tak.

AfriForum gaan na afloop van die projek ’n opsomming van al die ligte wat buite werking is, asook ’n petisie wat inwoners se ontevredenheid met die situasie aandui, aan die munisipaliteit oorhandig.
Behoorlike beligting dra daartoe by om misdaad te bekamp en daarom plaas AfriForum druk op die munisipaliteit om die straatligte te herstel.
SMS “Lig” na 32532 (R1) om die projek te ondersteun.

Soortgelyke plasings