Kimberley-tak koop watertenks aan om probleme te pak


Die AfriForum-tak in Kimberley het twee addisionele watertenks van 1 000 liter elk aangekoop sodat die stad voorbereid is sou waterprobleme ontstaan.
Hierdie voorsorg word getref in die lig van watertoevoerprobleme wat al voorheen in gedeeltes van Kimberley ondervind is. In sulke situasies kan die watertenks dan deur AfriForum-lede na geaffekteerde woonbuurte vervoer word om water aan gemeenskapslede te verskaf.

“Met hierdie nuutste aankoop is daar nou vyf watertenks van 1 000 liter elk beskikbaar vir noodtoestande, en ons is gereed om lede van die publiek by te staan indien daar weer waterprobleme ontstaan,” sê Gideon Gouws, voorsitter van AfriForum se Kimberley-tak.

Inwoners van Kimberley word aangemoedig om by die tak betrokke te raak: SMS jou naam en van na 32532 (R1) om hierdie aksie te ondersteun.

Soortgelyke plasings