Kinderslagofferfonds

Adam Tas-konsert samel geld in vir kinderslagoffers

Koop jou kaartjies hier.

AfriForum stig vanjaar die Wilmien Potgieter-fonds, ’n ondersteuningsfonds vir kinderslagoffers van plaasmoorde.

Wilmien Potgieter (2) is in Desember 2010 saam met haar ouers genadeloos op hul plaas buite Lindley in die Vrystaat vermoor. Haar pa, Attie Potgieter (40) is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek ten aanskoue van sy vrou, Wilna (36), en klein Wilmien.

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, skryf in sy boek, Kill the Boer, Wilmien se voete was met haar pa se bloed bedek en haar klein, bebloede voetspore kon oral op die grasperk gesien word. Die aanvallers het haar later in ’n buitekamer doodgeskiet waarna sy in ’n boks gegooi is. Hulle het haar lyk later op haar ma, wat tereggestel is, se lyk gegooi.

AfriForum wil met hierdie fonds hulp verleen aan kinderslagoffers van plaasmoorde en bied op Vrydagaand 1 Februarie, saam met die borge, Efficient Private Clients, Pretoria FM, Cowhouse Market en Live Now, ’n Adam Tas-optrede by die Cowhouse Market in Hazeldean, Pretoria, aan.

Die optrede begin om 18:30 en kaartjies kos R250 per persoon. Die geld wat met kaartjieverkope gemaak word, gaan ten bate van die Wilmien Potgieter-fonds. Hierdie optrede van Adam Tas is die eerste van vele optredes en insamelingsgeleenthede om geld vir dié ondersteuningsfonds in te samel.

Indien jy betrokke wil raak, stuur ’n e-pos na fonds@afriforum.co.za.

Bankbesonderhede:

As jy tot die fonds wil bydrae, stuur “FONDS” na 38312 (R10 per SMS) of maak ’n skenking deur die volgende bankbesonderhede te gebruik:

Rekeningnaam: AfriForum NPC
Rekeningnommer: 62349898398
Taknaam: FNB Centurion
Takkode: 26155
Verwysing: Fonds

Soortgelyke plasings