|

Kleinmond-brande: AfriForum-tak skenk bottels water en ander benodigdhede aan brandweer

AfriForum se Overstrand-tak het op 9 Januarie 2022 hulp verleen aan verskeie rolspelers wat help om die verwoestende brand tussen Kleinmond en die Arabella-gholflandgoed te blus deur benodigdhede te skenk. Brandweerspanne werk die afgelope twee dae onverpoos om dié brand te bestry.

Die Overstrand-tak het 240 botteltjies oogdruppels, 55 glukose-energiegelsakkies en bottels water aan die plaaslike brandweer geskenk.

“Ons is dankbaar vir die gemeenskap se vinnige reaksie wat verhoed het dat die brand nóg groter skade aanrig. Indien die gemeenskap nog skenkings wil maak, kan hulle dit by die brandweer in Hermanus gaan aflaai. Die Overstrand-tak sal aanhou om benodigdhede te skenk solank die brand voortduur,” sê Johardt van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder in die Boland.

Die takbestuur versoek die gemeenskap om vandag nog by dié tak betrokke te raak: SMS “Overstrand” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings