|

Knysna-brande: Net puinhope oor vir talle

Deur Mariska Batt

“Dis hartseer om te sien hoe mense alles verloor. Jy wil meer doen om te help, maar jy kan nie.”

So sê Chriszando Jacobs, ’n brandbestryder van die nooddiens Working on Fire, oor die brandgeteisterde Knysna-gemeenskap.

Talle huise en ondernemings het die afgelope week heeltemal afgebrand.

Werknemers van die burgerregtewaghond AfriForum sal tot die einde van die week in Knysna wees om verdere behoeftes van die gemeenskap te identifiseer. Dit vorm deel van ‘n breër veldtog om hulp aan Knysna-inwoners te bied wat deur die verwoestende brande geraak is.

Westley Langeveldt, ook ’n brandbestryder by Working on Fire, sê dit is die ergste brand wat hy in sewe jaar in dié beroep gesien en help bestry het. Hy sê dit het sy “hart diep gekrap”.

Kapt. Warren Jobe, ’n medevlieënier wat vandeesweek helikopters vir die Suid-Afrikaanse Lugmag vlieg om vure vanuit die lug te blus, sê dat die wind dinge baie moeilik maak omdat dit so vinnig verander.

“Dis moeilik om uit te pluis waar die brand begin het en waarheen dit op pad is. Soms kan jy dit voorspel, maar ander kere glad nie. Dit versprei so vinnig en daar is letterlik brande oral,” sê Jobe.

Terwyl nooddienste probeer om die vure onder beheer te kry, moet inwoners en besigheidseienaars begin om die skade aan hul eiendom te herstel, of altans te probeer.

Jock McConnachie, eienaar van Timber Village, sê hy staan gebroke op die puinhoop wat van sy suksesvolle meubelmakery van die afgelope 17 jaar oor is.

“Ek hoop ek sal selfs net ’n deel daarvan kan herbou. Ek was bevoorreg om die afgelope 17 jaar my droom te kon uitleef en ’n onderneming op die been te bring wat vir my en my ander soveel vreugde gebring het.”

Hy sê voorts dat van sy werknemers vir jare reeds op die perseel gebly het en ook nou alles verloor het.

Clive Battel en sy vrou Liezl besit en bedryf al vir die afgelope 19 jaar die Knysna Hollow Country Estate. Meer as 87 kamers het afgebrand en daar is byna niks van die hoofgebou oor nie. Met ’n glimlag sê hy egter dat dit nou tyd is om vorentoe te kyk en te herbou.

Guido Urlings, veldtogbeampte by AfriForum, sê ongeag die hartseer en verwoesting, is dit ’n riem onder die hart om te sien hoe gemeenskappe verenig en mekaar ondersteun. “Gemeenskappe wat saamstaan kan slegs van krag tot krag gaan.”

Jy kan op verskillende maniere ’n bydrae maak om te help:

1.     Mense wat bydraes tot AfriForum se noodfonds wil lewer wat nou vir Knysna aangewend word, kan inbetalings maak by:

Rekeningnaam: AfriForum NPC

Rekeningnommer: 62349898398

Taknaam: FNB Centurion

Takkode: 26155

Verwysing: KNYSNA

 

    • Jy kan ook R10 skenk deur jou naam na 38312 te SMS.
    • Skenkings kan by KragDag (15 – 17 Junie 2017) by die Diamantvallei Landgoed by Rayton afgelewer word. Die grootste behoefte tans is vir onderklere, toiletware en skoolbenodigdhede.
    • Skenkings kan ook by Solidariteit Helpende Hand-skenkingswinkels in die Suid-Kaap gemaak word. Die take is:
Plettenbergbaai

Marinegebou, Plettenbergbaai

Salome J.v. Vuuren

083 299 2233

rudie_salome@polka.co.za

George

Marxstraat 42, George

Juliut Blom

084 250 8427

juliutb@gmail.com

Mosselbaai

Crookstraat, Mosselbaai

Kathy Lindeque

072 299 4524

kathy.lindeque@gmail.com

Beaufort-Wes

Colin Fraserstraat 17, Beaufort-Wes

Ursula Stassen

083 724 7240

ursula.stassen@westerncape.gov.za

Oudtshoorn

Kerkstraat 17, Oudtshoorn

Jeanette Kotze

073 140 9300

jeanette.kotze1@gmail.com

Swellendam

Ten Damme-winkelsentrum, Winkel 11, Voortrekkerstraat 27, Swellendam

Susan Booysen

082 355 4809

booysensusan@yahoo.com

Riversdal

Kerkstraat, Riversdal

Barbara Erasmus

071 583 8099

oli4fanie@gmail.com

Soortgelyke plasings