|

Kom kyk en proe Saterdag in Pretoria watter boer produseer die lekkerste skaap!

Vra vyf boere watter lamsvleis in die land die lekkerste is en die kans  is goed dat jy vyf verskillende antwoorde sal kry.

Die familieboernetwerk Saai en Buffelsfontein Brandewyn het dit goedgedink om dié vraag eerskomende Saterdag (2 April) tydens die grootste spitbraai in jare in Pretoria te beantwoord. Die geselligheid, waar oud en jonk welkom is, word Lamb Champs genoem.

Die spitbraai word by die Harlequins Rugbyklub in Groenkloof, Pretoria, gehou en 50 boere uit al nege provinsies se lammers sal op spitte gebraai word om die kampioen te kroon.

Die wenboer sal met R50 000 en ’n bronstrofee ter waarde van R80 000 wegstap. Die wenners in die  tweede en derde plek sal onderskeidelik R25 000 en R10 000 wen.

“Ons het betrokke geraak omdat ons kliënte vir ons belangrik is. Party maatskappye in Suid-Afrika het vergeet wie hul kliënte is en wie betaal hul hoof uitvoerende beampte se BMW af. Baie van ons kliënte is boere en ons wil hulle ondersteun. Ons is lief vir boere en ons is geanker in Afrikaans en dis hoekom ons betrokke geraak het,” sê Meyer le Roux, medestigter van Buffelsfontein.

Die publiek word uitgenooi om saam te kom smul en vir hulself te besluit wie se lamsvleis die lekkerste in die land is.

Koop sommer vandag nog jou en jou gesin se kaartjies om teleurstelling te voorkom. Kaartjies kos R250 per volwassene en R75 per kind onder 12 jaar. Dit beloof om ’n unieke smulervaring te wees waar jy boonop net soveel skaapvleis kan eet soos jy wil.

Ons is lief vir boere en ons is geanker in Afrikaans.

Die hekke open om 10:00 en die eerste porsies vleis sal van 11:30 tot 12:00 beskikbaar wees. Daarna sal daar elke halfuur nog spitte wees waarvan die vleis geproe kan word. Bykosse en eetgerei sal voorsien word. Daar sal ook kontantkroeë beskikbaar wees vir diegene wat hul dors wil les. Dit beloof om ‘n heerlike gesinsuitstappie te wees met voorsiening wat gemaak word vir speelplek vir die kinders asook veilige parkering.

Die TV-persoonlikheid Minki van der Westhuizen is die seremoniemeester vir die dag, terwyl kunstenaars soos Adam Tas, Juan Boucher en Ichnus Wait vir musiekvermaak gaan sorg.

Vir meer inligting besoek Lamb Champs 2022 en koop ook jou kaartjies hier.

Soortgelyke plasings