|

Kom luister gratis na regsadvies oor risiko’s wat plase en boere bedreig

Suid-Afrika se boere voer daagliks ’n oorlewingstryd. Hulle sukkel nie net om onder moeilike klimaatstoestande, ekonomiese uitdagings, swak arbeidswetgewing en ’n onsimpatieke regering volhoubaar kos te produseer en ’n bestaan te maak nie. Hulle moet hulself ook toenemend beveilig en weerbaar maak teen plaasaanvalle en aanslae soos onwettige grondbesettings en onteiening sonder vergoeding.

In die lig van hierdie en talle ander uitdagings bied AfriForum op 23 Augustus (08:30-14:00) die Boer en die Reg-konferensie by die AfriForum Teater in Pretoria aan.

Die sprekers sluit kundige regslui in wat gereeld in die howe vir landbouers moet optree.

Adv. Franscois Kriel sal die kwessie van noodweer en selfverdediging toelig en verduidelik in watter omstandighede ’n boer mag skiet of nie.

Marjorie van Schalkwyk sal verduidelik wat grondgrype is, wat jou te doen staan wanneer dit gebeur, hoe die hofproses werk en wat die wet hieroor sê.

Vuurwapens en die besit daarvan is ook ’n omstrede kwessie en Jan Alleman voel uitgelewer teen die staat wat gedurig wette voorstel wat daarop gemik is om landsburgers te ontwapen.

Adv. Johan Hamman sal belangrike vrae antwoord soos wat jou te doen staan wanneer familielede grafte wil besoek van individue wat op plase begrawe is, wat jou te doen staan wanneer mense jou eiendom sonder toestemming betree en byvoorbeeld met jaghonde daar betrap word.

Raymond Hohls, waarnemende hoof van Gemeenskapsveiligheid by AfriForum, sal praat oor paraatheid en plaasaanvalle. Hy sal wenke en raad gee oor hoe gemeenskappe ’n gesamentlike plan kan ontwikkel om voorbereid te wees en op te tree sou daar ’n aanval wees.

Vuurwapens en die besit daarvan is ook ’n omstrede kwessie en Jan Alleman voel uitgelewer teen die staat wat gedurig wette voorstel wat daarop gemik is om landsburgers te ontwapen. Adv. John Welch sal die regsaspekte van die wettige besit van vuurwapens en ammunisie hanteer asook die feit dat ’n vuurwapen nie ’n afskrikmiddel is nie, maar dat dit ten alle tye beskikbaar moet wees om te gebruik wanneer dit nodig is.

Ernst van Zyl, veldtogbeampte vir Strategie en Inhoud by AfriForum, sal onteiening sonder vergoeding bespreek asook wat die stand van sake met die proses tans in die land is.

Hennie Human, verbonde aan AfriForum se traumaeenheid, sal onder meer praat oor die impak van plaasaanvalle op gesinne en gemeenskappe, die oordra van onverwerkte trauma na volgende geslagte en hoe noodsaaklik ondersteuning en berading vir slagoffers is.

Dr. Theo de Jager, direksievoorsitter van die landbou-organisasie Saai, sal met kongresgangers praat oor plaasveiligheid vanuit ’n praktiese boerdery oogpunt.

Dr. Theo de Jager

Daar sal ook ’n paneelgesprek wees waaraan verteenwoordigers van Vrystaat Landbou en TLU SA sal deelneem en waartydens oor brandstigting en veediefstal gepraat sal word.

Om te RSVP vir die geleentheid besoek https://afriforum.co.za/konferensie-landelike-veiligheid-in-suid-afrika/.

Soortgelyke plasings