Konferensie: Die Boer en die Reg

Dit raak daagliks ’n groter uitdaging om in Suid-Afrika te boer en in landelike omgewings te woon.

Boere moet hulle ongelukkig oor baie meer bekommer as die huidige ekonomiese klimaat, weersomstandighede en om kos vir miljoene Suid-Afrikaners te produseer. Hulle word boonop gereeld gekonfronteer met verskillende risiko’s wat hulle veiligheid bedreig en waarvoor daar regshulp ingewin moet word.

Kom luister by AfriForum Teater na die regsadvies en oplossings van kundiges vir die talle veiligheidskwessies waarmee Suid-Afrikaners in landelike omgewings uitgedaag word.

Datum23 Augustus 2022
Tyd08:30–14:00
PlekAfriForum Teater, Greenlyn Village-sentrum, h.v. Thomas Edison- en 13de Straat, Menlopark, Pretoria
RSVP10 Augustus

Onderwerpe en sprekers by die geleentheid:

TemasSpreker
Plaasveiligheid: Uit ’n praktiese boerdery-oogpuntTheo de Jager
Noodweer en selfverdedigingAdv. Francois Kriel
Betreding (jag met honde, grafte op plase)Adv. Johan Hamman
Paraatheid en plaasaanvalleRaymond Hohls
Onteiening sonder vergoeding – Waar staan ons?Ernst van Zyl
Emosionele veiligheidHennie Human
VuurwapensAdv. John Welch
GrondgrypeMarjorie van Schalkwyk
PaneelgesprekTLU SA, Vrystaat Landbou, AfriForum

Registreer jou sitplek hier indien jy die konferensie wil bywoon:

Neem kennis dat hierdie nie ’n aanlyn geleentheid is nie, maar by die AfriForum Teater plaasvind.

Soortgelyke plasings