Korrupsie in departement van justisie oopgevlek ná fluitjieblaser AfriForum nader


AfriForum het Maandag, 13 November 2017 dokumente aan die Valke gestuur wat beweerde kaderontplooiing in die departement van justisie en grondwetlike ontwikkeling in Kranskop, KwaZulu-Natal uitwys. Dít volg nadat ’n fluitjieblaser in dié departement AfriForum in hierdie verband gekontak het.
Dokumente dui op die beweerde vervalsing van onder meer ’n matrieksertifikaat en verskeie kollegesertifikate, asook dat mense aangestel is wat na bewering glad nie aan die geadverteerde minimum vereistes voldoen nie.

“Dit is onaanvaarbaar dat kaderontplooiing plaasvind en politiese aanstellings gemaak word; méér so as dit in die departement van justisie gebeur. Ons regsbank behoort nie deur politiese agendas beïnvloed te word nie. Daarom skep AfriForum ’n platform vir fluitjieblasers om na vore te kom om korrupsie soos dié aan die lig te bring,” sê Eugene van Aswegen, AfriForum se provinsiale koördineerder vir KwaZulu-Natal.

Raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke deur jou naam na 45267 te SMS (R1).

Soortgelyke plasings