Kuruman-tak installeer alarmstelsel by rioolpompstasie


AfriForum se Kuruman-tak het verlede week ’n alarmstelsel by die rioolpompstasie in Barnardlaan geïnstalleer nadat dié pompe se kragkabels verskeie kere gesteel is, wat tot gevolg het dat riool in die straat afvloei.
Die alarmstelsel stuur ’n noodsein aan die plaaslike AfriForum-tak sodra die kragtoevoer onderbreek word sodat hulle kan ondersoek instel. Die tak beoog verder om ook ’n alarmstelsel by die rioolpompstasie in Seodinweg te installeer.

“Dit is ons as gemeenskap se plig om te verseker dat ons dorp skoon en veilig is. Daar waar die munisipaliteit versuim om sy pligte na te kom, sal ons as gemeenskap die leisels oorneem,” sê Pieter Serfontein, voorsitter van AfriForum se Kuruman-tak.

Stuur ’n e-pos na gonda.louw@afriforum.co.za om by takprojekte betrokke te raak, of stuur ’n SMS met die woord “Kuruman” na 32532 (R1).

Soortgelyke plasings