|

Laaste kans om in te skryf vir die Entrepreneur van die Jaar-kompetisie!

Entrepreneurs wat wil wys wie’s baas het nog net tot môre 16 September kans om in te skryf vir die AfriForum Sakenetwerk se Entrepreneur van die Jaar-kompetisie.

Die AfriForum Sakenetwerk is ’n databasis van ondernemings wat deur AfriForum-lede besit of bestuur word. Hul bied ook netwerkgeleenthede vir ondernemings op dié gids, soos sakeontbyte, opleidingsessies, sosialemediabemarking, ’n jaarlikse glansgeleentheid, naamlik die Tinteltong Toekennings, asook die Entrepreneur van die Jaar-kompetisie.

Sedert 2017 het meer as 250 entrepreneurs vir dié kompetisie ingeskryf en meer as 7 000 lede van die publiek het vir hul gunstelinge gestem. Louis Loubser het in 2017 met sy Tree Hog gewen, in 2018 het die dames van Oh-Lief met die louere weggestap en in 2019 het Marita Bezuidenhout van Magies vol Liefde koning gekraai.

Die 2019-wenner, Marita Bezuidenhout, tydens haar finale voorlegging.

Daar is vanjaar ook twee kategorieë en nie meer net een nie – entrepreneurs wat tussen een en sewe jaar handeldryf en entrepreneurs wat langer as tien jaar handeldryf.

Om deur te dring na die toptien van elke kategorie sal daar ’n tydperk wees waar die publiek en deelnemers se volgelinge vir hul kan stem. Daarna word hul portefeulje beoordeel as keuring vir die topvyf. Die topvyf van elke kategorie sal beoordeel word deur ’n paneel kenners.

Die finaal vind einde Oktober plaas en meer inligting daaroor sal direk met die topvyf van elke kategorie gekommunikeer word.

Skryf vandag in en stap weg met die Entrepreneur van die Jaar-titel, kontant, mentorskappe, ’n splinternuwe netwerk van entrepreneurs, promosiemateriaal en hope blootstelling.

Soortgelyke plasings