Lede van AfriForum se Kraaifontein-buurtwag voltooi noodhulpkursus


Vyf lede van AfriForum se Kraaifontein-buurtwag het die afgelope naweek ’n twee dae lange noodhulpkursus voltooi. Hierdie opleiding is in samewerking met Wetton Emergency and Training Services aangebied.

Die lede het ná afloop van die kursus sertifikate ontvang en as vlak 1-noodhulpbeamptes gekwalifiseer.

“Die Kraaifontein-buurtwag reageer op ’n wye verskeidenheid voorvalle en mediese hulp is nie altyd onmiddellik beskikbaar nie. Dit is vir ons belangrik dat die buurtwag oor die nodige mediese kennis beskik om die gemeenskap ook in hierdie verband by te staan,” sê André Theron, veiligheidsvoorsitter van AfriForum se Kraaifontein-buurtwag.

Soortgelyke plasings