|

Lees en laai die verhaal van die Leeu van die Wes-Transvaal hier af

AfriForum het in Desember sy eerste tekenprent oor die Afrikanergeskiedenis bekendgestel. James Kemp het die teks en Sean Verster die tekeninge oor genl. Koos de la Rey, ook bekend as die Leeu van die Wes-Transvaal, geskep.

Die tekenprent vind groot byval by AfriForum-lede en veral jong mense en daarom is besluit om dit op ons webtuiste beskikbaar te stel waar dit gelees en afgelaai kan word.

Al het die Anglo-Boereoorlog van 1899 tot 1902 maar ’n klein deeltjie van die geliefde generaal se lewe uitgemaak, was sy prestasies as krygsman so indrukwekkend dat hy nou nog daarvoor onthou word.

De la Rey is op 22 Oktober 1847 op die plaas Doornfontein in die Winburg-distrik gebore. Hy is in 1876 met Jacoba Elizabeth Greeff, ook bekend as tant Nonnie, getroud. Hulle het twaalf kinders gehad.

Hulle het hulle uiteindelik op die plaas Elandsfontein buite Lichtenburg gevestig. De la Rey was ’n natuurlike leier wat baie take vir die Transvaalse regering aangepak het. Hy het sy krygsvernuf tydens die Eerste Vryheidsoorlog (1880 – 1881) en met die afweer van die Jameson-inval in 1896 getoon. Hoewel hy nie bereid was om die vryheid van sy volk prys te gee nie, het hy sy bes probeer om die Anglo-Boereoorlog te voorkom.

Die huidige regering misken Afrikaners se geskiedenis en die bydra wat hulle tot die opbou van die land gemaak het. Die beskerming van ons geskiedenis is in ons eie hande en ons moet dit beskerm teen diegene wat dit wil kriminaliseer. Geen volk is sonder foute nie, maar ons het baie om op trots te wees. Ons het ’n verantwoordelikheid om ʼn eerlike opvatting van die verlede te bewaar en daarom mag ons ook vir genl. De la Rey onthou. Lees en laai die tekenprent hier af: https://afriforum.co.za/forum-tydskrif/

Soortgelyke plasings