|

Lees Forum Tydskrif al is jy ingeperk!

Forum Tydskrif, AfriForum se ledetydskrif is gedruk, maar kan weens die impak van COVID-19 en die staat van inperking nie nou dadelik by ons lede afgelewer of gepos word nie. Ons het egter ’n plan gemaak en die tydskrif kan nou aanlyn gelees word by www.forumtydskrif.co.za Dié uitgawe, die eerste van 2020, is vanjaar boonop groter en propvol nuus oor alles wat die burgerregte-waghond doen.

Ondanks die wêreldwye krisis en die enorme impak wat COVID-19 op die hele mensdom gaan hê, glo ons dat ons nou moet doen wat ons kan. Ons moet hoop skep uit ons omstandighede en aanvaar dat baie moeilike tye voorlê.

Ons is egter nie alleen nie en dit is nie die eerste keer wat ons voor groot uitdagings te staan kom nie. As gemeenskappe sal ons die uitdagings saam moet aanpak en nuut moet dink oor hoe ons ’n toekoms gaan skep. Bly kalm in hierdie tyd en onthou Forum Tydskrif sal afgelewer word sodra verspreidingsdienste na normaal terugkeer.

Soortgelyke plasings