|

Lephalale-munisipaliteit reageer blitsig na AfriForum rioolwater by hul kantore afgee

AfriForum het vandag as deel van die #VegEnBou-veldtog emmers vol onverwerkte riool wat uit die Mogolorivier geskep is by die Lephalale-munisipaliteit in Ellisras afgelewer. Weens ‘n foutiewe pompstasie gaan dié dorp sedert 2017 gebuk onder grootskaalse besoedeling en riool loop op inwoners se erwe en tussen hul huise.

Die Lephalale-munisipaliteit het minder as ‘n halfuur nadat AfriForum skrywes en emmers onverwerkte riool by hul kantore afgegee het, ‘n munisipale werker uitgestuur na twee van die dorp se foutiewe rioolpompe. Mc Masoga, die munisipaliteit se uitvoerende bestuurder van infrastruktuur, het ook onderneem om binne 24 uur hul plan van aksie rondom dié probleem aan AfriForum te stuur. Hulle verder onderneem om die huise wat direk deur die besoedeling geraak word, te besoek.

Soortgelyke plasings