|

Lichtenburg-tak vul slaggate met #OnsDorpProjek

Die AfriForum-tak in Lichtenburg het op 6 en 7 Julie ’n reuseslaggat op die hoek van 1ste Straat en 12de Laan met teer gevul. Met die oorblywende teer is daar ook slaggate in die res van die dorp gevul waar dit die nodigste was. Daar is altesaam 24 ton teer gebruik en 260 m² se slaggate gevul.

“Dit is ’n eer om te sien hoe die plaaslike ondernemings AfriForum se Lichtenburg-tak ondersteun met donasies vir die teerprojek. Ons as AfriForum sal nie terugstaan en kyk hoe ons dorpe agteruitgaan nie en Pine Pienaar wat die projek namens AfriForum in Lichtenburg behartig, wys net dit,” sê Armand Viljoen, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico.

Die Lichtenburg-tak bedank Lichtenburg Mall wat die fondse geskenk het vir die 24 ton teer asook vir die SS60 bitumen. Hulle wil ook Gideon du Preez bedank wat sy vragmotor beskikbaar gestel het om die teer aan te ry.

AfriForum sal aanhoudende druk plaas op die Ditsobotla Plaaslike Munisipaliteit om te poog dat hulle die belastingbetalers se geld reg bestee en te help met die opgradering van infrastruktuur. Die gemeenskap word ook aangemoedig om donasies te maak sodat AfriForum kan aanhou om sulke projekte deurlopend te kan dryf.

Inwoners kan gebruik maak van die volgende bankbesonderhede:

AfriForum NPC

Eerste Nasionale Bank (FNB)

Rekeningnommer: 623 498 983 98

Takkode: 261 550

Verwysing: LICHTENBURG

Word vandag nog deel van AfriForum se Lichtenburg-tak: SMS “Lichtenburg” na 45344 (R1) of skakel vir Steyn Kearney by 082 803 3628.

Soortgelyke plasings