Limpopo: AfriForum se vullisterreinoudit-uitslae


AfriForum het die afgelope maand al die vullisterreine in die Limpopo-provinsie geoudit as deel van dié organisasie se jaarlikse vullisterreinouditveldtog waartydens vullisterreine in dorpe waar AfriForum-takke gevestig is aan die hand van 33 vrae gemeet word. Die burgerregte-organisasie het egter gevind dat sekere munisipaliteite dringend veranderinge sal moet instel ten einde aan wetgewing in hierdie verband te voldoen.
Volgens toepaslike wetgewing en regulasies, waaronder die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Vullis (wet no. 59 van 2008), moet ’n vullisterrein aan bepaalde vereistes voldoen. Dit sluit onder meer faktore soos toegangsbeheer, onwettige storting, brandregulasies, omheining en rehabilitasie in. ’n Vullisterrein moet minstens 80% behaal om aan hierdie wetgewing te voldoen.

Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineerder vir Limpopo, sê dat alle vullisterreine in die provinsie wat minder as 80% behaal het op standaard gebring moet word en dat munisipaliteite verantwoordelikheid vir afvalbestuur moet begin neem. “Vullisterreine wat swak bestuur word, het ’n baie negatiewe impak op sowel die omgewing as die gemeenskap. Dit is ook die gemeenskap se verantwoordelikheid om toenemend druk op munisipaliteite te plaas in gevalle waar die vullisterreine nie op standaard is nie.”

Drie vullisterreine het egter die oudit met lof geslaag, met die Tzaneen-vullisterrein wat 100% behaal het. Hierdie vullisterrein is dan ook vanjaar met AfriForum se wisseltrofee vir die beste munisipale vullisterrein bekroon. “Dít is ’n goeie voorbeeld van hoe ’n vullisterrein bestuur moet word. Ons moedig ander munisipaliteite waar die vullisterreine nie op standaard is nie aan om by hierdie bestuursmetode te leer,” sê Grobbelaar.
Die dorpe in Limpopo het as volg gevaar:

 
AfriForum sal die proses deurlopend moniteer om te verseker dat vullisterreine wat te kort skiet op standaard gebring word.

Soortgelyke plasings