|

Lydenburg skoner danksy gemeenskap se hulp

Die AfriForum-tak in Lydenburg het op 22 Oktober 2021 weer saam met gemeenskapslede gewerk om die dorp op te ruim.

Hierdie projek vind al vir ’n geruime tyd plaas en tydens hierdie fase van die projek is die gebied om die hospitaal skoongemaak, asook daar waar onwettige rommel gestrooi is. Die gras op die sypaadjies en in die oop erwe is ook gesny om die omgewing mooier te maak.

“Lydenburg was lanklaas só skoon en dit is alles te dankie aan die harde werk van die gemeenskap. Ons is trots op die daadwerklike verskil wat ons met die projek maak,” sê Erich Venter, voorsitter van AfriForum se Lydenburg-tak.

Sluit vandag nog by AfriForum aan: SMS “Lydenburg” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings