|

Lydenburg-tak help met organisering van groot geleentheid op dorp

Die AfriForum-tak in Lydenburg het die afgelope naweek gehelp met die organisering van die South African Precision Rifle Association se Suid-Afrikaanse kampioenskappe wat op ’n plaas net buite Lydenburg gehou is.

Die tak het in samewerking met AfriForum Sport hoedjies geborg aan elke skut wat die dag bygewoon het en ook gehelp met die logistieke reëlings.

“Dit is ’n groot voorreg vir AfriForum se Lydenburg-tak om betrokke te kon wees by hierdie geleentheid. Ons wil ook by sportdae soos dié betrokke wees, omdat sport een van die belangrikste aspekte in enige gemeenskap is en die potensiaal het om gemeenskappe bymekaar te bring,” sê Arlo van Heerden, distrikskoördineerder vir die Laeveld

Volgens Erich Venter, voorsitter van die Lydenburg-tak, was die geleentheid ’n groot sukses en het die skuts dit baie geniet. Hulle het ook hul waardering teenoor AfriForum uitgespreek vir die hoedjies wat geborg is.

Die tak sien daarna uit om nog verskeie projekte in Lydenburg te loods.

Ons nooi graag die publiek uit om betrokke te raak by die Lydenburg-tak om sodoende toekomstige projekte volhoubaar te kan voortsit. Kontak Van Heerden by arlo.vanheerden@afriforum.co.za.

Soortgelyke plasings