Lydenburg-tak maak begraafplaas skoon


AfriForum se Lydenburg-tak het gehelp om die plaaslike begraafplaas skoon te maak as deel van die burgerregtewaghond se Rus in Vrede-veldtog.

“Die finale rusplek van mense se afgestorwe geliefdes moet skoon en veilig wees sodat mense nie ongemaklik voel om die begraafplaas te besoek nie,” meen Erich Venter, voorsitter van AfriForum se Lydenburg-tak.
“AfriForum sal die toestand van die begraafplaas deurlopend moniteer om te verseker dat dit netjies bly,” sê Hennie Bekker, distrikskoӧrdineerder vir AfriForum in Mpumalanga-Oos.

Raak vandag betrokke, SMS “RIV” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings