Maand van Selfstandigheid: Groblersdal-tak maak dorp skoon


AfriForum se Groblersdal-tak het verlede week dié dorp van hoek tot kant skoongemaak as deel van die organisasie se nasionale Maand van Selfstandigheid-veldtog.
Volgens Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineerder vir Limpopo, het die tak in samewerking met lede van die gemeenskap al die strate in sowel die middedorp as die woongebiede skoongemaak en 14 vragte vullis verwyder.
Willie de Beer, voorsitter van AfriForum se Groblersdal-tak, sê dat daar deurlopend op die voorkoms en netheid van die dorp gefokus sal word.

“Dié skoonmaakprojek is maar ’n druppel in die emmer vergeleke wat vermag kan word as die hele gemeenskap saamwerk. Ons moedig elke inwoner aan om by die plaaslike tak betrokke te raak,” sê De Beer.
“Met projekte soos hierdie kan ons ’n positiewe bydra tot ons gemeenskap én ons omgewing maak,” sê Grobbelaar.

Soortgelyke plasings