Maand van Selfstandigheid: Midvaal-tak dra by tot ’n groener omgewing


AfriForum se Midvaal-tak het op Dinsdag 7 November 2017 ses vaderlandswilge by Laerskool Voorwaarts in Meyerton geplant as deel van dié burgerregte-organisasie se Maand van Selfstandigheid-veldtog.

“Veldtogte soos hierdie skep ’n platform vir gemeenskappe om self verantwoordelikheid vir die verbetering van hul omgewing te neem. Dit verseker dat gemeenskappe hul toekoms in hul eie hande neem en nie op die regering alleen staatmaak nie,” sê Wico Swanepoel, AfriForum se distrikskoördineerder vir Gauteng-Suid.
“Die projek was ’n reusesukses en ons wil almal wat daarby betrokke was, bedank. Die kinders het dit geweldig geniet en kon boonop leer hoe om ’n boom op die korrekte manier te plant,” sê Ursula Pretorius, voorsitter van AfriForum se Midvaal-tak.

Om deel te word van hierdie AfriForum-tak SMS “Midvaal” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings