Maand van Selfstandigheid: Paulpietersburg-tak vervang stoptekens


Die AfriForum-tak in Paulpietersburg het op 20 Oktober 2017 ’n padveiligheidsaksie geloods waartydens verskeie stoptekens in samewerking met die eDumbe Plaaslike Munisipaliteit vervang is. Hierdie projek vorm deel van die burgerregte-organisasie se Maand van Selfstandigheid.

“AfriForum stel dit hoog op prys indien ’n plaaslike munisipaliteit sy kragte saamspan met aksies wat ons van stapel stuur. Ons doen ook deurlopend ’n beroep op lede van die gemeenskap om hul samewerking te gee,” sê Eugene van Aswegen, AfriForum se provinsiale koördineerder vir KwaZulu-Natal.

Die AfriForum-tak in Paulpietersburg het verder ook 20 liter verf as skenking ontvang wat spoedig gebruik sal word om padtekenpale in die hoofstraat swart te verf.

Soortgelyke plasings