| |

MACHADODORP: AFRIFORUM GAAN MYNAANSOEK BEVEG

Die AfriForum-tak in Machadodorp het insette gelewer teen ’n beplande myn op die De Kroon-plaas in die Machadodorp-omgewing.

Hierdie aksie volg nadat Singo Consulting ons in kennis gestel het het dat Legare Mining Services beplan om steenkool te ontgin. Hierdie is die tweede aansoek van Legare Mining Services wat Singo Consulting loods. Die eerste aansoek, waarby AfriForum betrokke is, is in die Groot Marico-omgewing gedoen.

Singo Consulting het slegs ’n agtergrondinligtingstuk vir AfriForum gestuur en geen verdere dokumentasie of uitnodigings is na die openbare deelnameproses gestuur nie.

Singo Consulting is ook in 2019 deur AfriForum aangekla van bedrog nadat ’n mynbou-aansoek se omgewingsimpakstudie deur hulle voltooi is. Beweerde plagiaat is in hierdie impakstudie gepleeg van verskeie vorige impakstudies wat op die internet beskikbaar is. Hierdie myn sou binne die buffersone voor die Nasionale Krugerwildtuin oopgemaak word.

“Hierdie maatskappy het nie aan die nodige wetgewing voldoen om die openbare deelnameproses suksesvol te voltooi nie en ons sal die proses verder teenstaan indien die openbare deelnameproses nie wetlik gevolg kan word nie,” sê Hennie Bekker, distrikskoördineerder vir AfriForum in die Laeveld.

Sluit vandag aan by AfriForum Machadodorp. SMS “Machadodorp” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings