|

Malmesbury-tak doen dieresorg

Die burgerregteorganisasie AfriForum se Malmesbury-tak het op 6 Augustus 2022 besluit om ook na die mens se beste vriend – honde – om te sien.

Die plaaslike AfriForum-tak het hande gevat met Star Animal Outreach en honde versorg. Mense kon hul hondekinders bring om gedip en deur ’n veearts ondersoek te word om seker te maak die honde is in ’n goeie toestand.

Diegene wat hul honde gebring het om versorg te word, het ook ’n splinternuwe AfriForum-leiband van die Malmesbury-tak ontvang. “Star Animal Outreach waardeer dit só baie dat organisasies soos AfriForum ook in die diere belangstel. Die nood is groot, omdat diere-organisasies soos dié afhanklik is van skenkings uit die gemeenskap,” sê Kim Poulton, voorsitter van AfriForum se Malmesbury-tak.

“Hierdie projek is goed ondersteun en bykans 100 nuwe AfriForum-leibande is aan honde-eienaars oorhandig,” sê Poulton.

Die tak moedig die gemeenskap aan om by hul eie AfriForum-tak betrokke te raak om ’n daadwerklike verskil te maak in hul gemeenskap: SMS “Boland” na 45350 (R1) om vandag aan te sluit.

Soortgelyke plasings