|

Marble Hall-tak verskaf skolehulppakket aan kleuterskool

Die AfriForum-tak in Marble Hall het ’n skolehulppakket ter waarde van R6500 aan die Noem Noempie-kleuterskool geskenk. Dit vorm deel van die #AfriForumStaanSaam vir Skole-projek wat in samewerking met Afriforum Jeug van stapel gestuur is.

Die pakkette bevat klaskamerplakkate, elektroniese termometers, handreiniger en handreinigerstaanders.

AfriForum het landwyd reeds meer as 40 000 bottels handreiniger, 8000 plakkate en 200 termometers aan skole versprei.

“Ons sal alles in ons vermoë doen om te help verseker dat kleuters en leerlinge veilig kan terugkeer skool toe,” sê Magdel Strauss, AfriForum se distrikskoördineerder vir Limpopo.

Raak vandag nog betrokke by AfriForum se Marble Hall-tak betrokke: SMS jou naam na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings