Maserumule-plaas: Onwettige betreders en strukture vanoggend verwyder met Rooimiere se bystand


Die betreders wat onlangs dr. Motodi Maserumule se grond beset en probeer verkoop het, asook alle strukture wat deur hulle opgerig is, is vanoggend deur die balju vanaf Maserumule se grond verwyder met bystand deur die Rooimiere en die SAPD.
Dít volg na aanleiding van ’n hofbevel wat deur AfriForum bekom is ten behoewe van Maserumule ná die grondgryp op sy eiendom plaasgevind het.

“Ons glo dat die stappe wat geneem is om die betreders en strukture te verwyder ’n sterk boodskap uitstuur dat betreders nie geduld sal word nie,” sê Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid.

 

Soortgelyke plasings