|

Met Maroela Media se gratis app kry jy vermaak en nuus in ’n oogwink

As jy ’n nuuskierige agie is en daarvan hou om altyd eerste alles te weet, het jy nie ’n ander keuse as om Maroela Media se gratis nuus-app onmiddellik af te laai nie!

Met die app kan jy op die voorpunt van plaaslike en internasionale nuusgebeure bly om nie eens te praat van hope ander insiggewende en vermaaklike inhoud nie.

Statistiek toon dat tot 87% van lesers Maroela op hul fone lees, maar nog net 4% van hulle het al die app afgelaai. Dié handjievol lees egter meer bladsye per maand as die bykans 2 miljoen lesers op die webwerf.

Benewens die feit dat jy blitsig met jou vinger deur die app kan blaai en lees, het die app ook ’n klompie ander funksionaliteite wat dit besonders maak.

Jy kan byvoorbeeld ’n verstelling op die app gebruik om te bepaal watter inligting volgens kategorieë jy eerste wil lees. Of dit nou inligting oor resepte, leefstyl, sport, landbou of nuus is, jy kan self besluit.

Daar is ook ’n verstelling wat jy kan aanskakel om jou kinders te beskerm teen sekere inligting of wanneer jy net sekere kennisgewings wil ontvang.

Lees hier oor die eenvoudige paar stappe wat jy moet volg om die app af te laai. https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/het-jy-al-maroela-media-se-app-afgelaai-doen-dit-nou/.

Die app is beskikbaar op die App Store (vir Apple-toestelle) en die Google Play Store (vir Android-toestelle). Besoek die winkel en tik “Maroela Media” in en laai die app af.

Dit was nog nooit so maklik om op hoogte van sake te bly nie. En onthou, sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie!

As jy enigsins sukkel om die app af te laai of oor iets onseker is, staan die Maroela-span in elk geval gereed om jou te help. Stuur net ’n e-pos na app@maroelamedia.co.za.

Soortgelyke plasings