Misdaad in Velddrif daal met bykans 75%


Sedert AfriForum se Velddrif-buurtwag in Junie vanjaar gestig is, het misdaad in dié gebied tussen 1 Julie en 14 Augustus met bykans 75% gedaal. Daar was in hierdie tyd ook geen huisbrake nie.

“Hierdie daling is te danke aan goeie samewerking tussen die buurtwag en die SAPD. Misdaad en spesifiek huisbrake was ’n groot probleem vir die inwoners van Velddrif. Deur hulself te organiseer en mobiliseer, het die gemeenskap egter ’n verskil in hul omgewing gemaak en misdaad help hokslaan,” sê Johandré van Zyl, AfriForum se streekveiligheidskoördineerder vir die Noord-, Oos- en Wes-Kaap.

Enige persoon wat by AfriForum se veiligheidstrukture betrokke wil raak, kan die woord “Veilig” na 45353 SMS (R1).

Soortgelyke plasings