Moet jou dorp se vullisterrein geoudit word?

Die burgerregteorganisasie AfriForum het in Mei 2014 die #skoonSA-inisiatief geloods. Dié projek streef na positiewe verandering in die bestuur van afval oor die hele Suid-Afrika. Verder is die doel van die projek om betrokke amptenare verantwoordbaar te hou en samewerking te kweek tussen gemeenskappe en die drie regeringsfere, naamlik die Departement van Omgewingsake op nasionale vlak, die verskeie provinsiale departemente op provinsiale vlak, en die munisipaliteite op plaaslike vlak.

Uit hierdie inisiatief het die projek “Moenie met ons rommel mors nie” voortgevloei, ook bekend as AfriForum se vullisterreinouditprojek. Die doel van hierdie projek is om die minimum nakomingsvereistes vir vullisterreine in die munisipaliteite waar AfriForum se 150 takke regoor die land voorkom, te oudit en dit ook met hulle afvalbestuurslisensies te vergelyk.

Het jou dorp se vullisterrein ’n oudit nodig? Laat weet ons hier:

Soortgelyke plasings