| | |

Monumentale Cantus Koorfees bekoor gehoor

Die burgerregtewaghond AfriForum is trots om vanjaar weer deel te kon wees van die vierde Monumentale Cantus Koorfees wat op 24 Augustus 2019 by die Voortrekkermonument plaasgevind het.

Hierdie wonderlike inisiatief het vier jaar gelede ’n werklikheid geword onder leiding van Vashti Trichard en Vaughan van Zyl, onderskeidelik gesoute koorleier en -afrigter, ten bate van die behoud en voortbestaan van die monument, wat ’n baie belangrike deel van ons kultuur en erfenis uitmaak.

Die fondse wat tydens die koorfees ingewin word is ten bate van die instandhouding en bewaring van die monument.

Vyf kore het vanjaar aan dié spoggeleentheid deelgeneem: Hoër Volkskool Heidelberg, Magaliesberg Kinderkoor, Laerskool Roodekrans, Laerskool Muldersdrif en Laerskool Anton van Wouw.

“Die aand was weer eens ’n groot sukses. Die kore het ons vermaak met wonderlike koorsang en boonop het die gehoor ook entoesiasties aan ’n samesang van FAK-liedjies deelgeneem. Dit is ’n ongelooflike belewenis om hierdie gesang in die monument te ervaar – so ryk aan geskiedenis, deel van ons erfenis en in Afrikaans!” sê Carien Bloem, AfriForum se bestuurder vir onderwys.

Soortgelyke plasings