|

Mooinooi-tak vul slaggate in dié dorp

AfriForum se Mooinooi-tak het op 30 April slaggate in dié dorp gevul nadat AfriForum menigte klagtes ontvang het oor die haglike toestande van die paaie.

Volgens Armand Viljoen, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico, versuim die Madibeng Plaaslike Munisipaliteit om hul daadwerklike pligte na te kom en belastingbetalers se geld reg aan te wend deur basiese dienste in die dorp te lewer.

“Die gemeenskap is keelvol daarvoor dat hulle geld gemors word. AfriForum sal hand uit die mou steek om hierdie dienste te begin lewer en die gemeenskap by te staan,” sê Viljoen.

Die Mooinooi-tak beoog om hierdie projek volhoubaar te dryf en vra daarom die hulp van die gemeenskap en besighede in die area.

“AfriForum nooi graag die gemeenskap en besighede in die dorp uit om donasies te maak sodat AfriForum hierdie projek deurlopend kan uitvoer. Donasies kan gemaak word by die Mooinooi-tak en besighede kan teer skenk of handearbeid verleen wat die tak kan help om die slaggate in die dorp te vul,” sluit Viljoen af.

Verder sal AfriForum ook deurlopend druk plaas op die Madibeng-munisipaliteit om dienste in die dorp te lewer en belastingbetalers se geld korrek te bestee.

Inwoners wat donasies wil maak vir teeraankope, kan die volgende bankbesonderhede gebruik:

AFRIFORUM NPC

Eerste Nasionale Bank (FNB)

Rekeningnommer: 623 498 983 98

Takkode: 261 550

Verwysing: MOOINOOI

Word vandag nog deel van AfriForum se Mooinooi-tak: SMS “Mooinooi” na 45344 (R1) of skakel vir Alie Chamberlain by 078 874 3973.

Soortgelyke plasings