|

Mooinooi-tak vul slaggate met #OnsDorp-projek

Lede van AfriForum se Mooinooi-tak het op 23 Julie 2022 bymekaargekom om die slaggatprobleem in dié dorp te takel. Dit volg nadat die Madibeng Plaaslike Munisipaliteit geen instandhouding op die paaie doen nie en die gemeenskap al menigte klagtes daaroor by dié munisipaliteit ingedien het. Daar is 33 sakke precrete van 25 kg elk gebruik om die slaggate in Mooinooi te vul. Altesaam 13 slaggate is gevul, terwyl die fokus veral op Palm Laan geplaas is.

“Die Mooinooi-tak is nie bang om te werk nie. Hulle het saamgestaan en 825 kg se precrete gebruik om die slaggate op te vul,” sê Armand Viljoen, distrikskoördineerder vir Marico.

Hierdie tak is ook tans besig om hul buurtwag op die been te bring en om skoonmaakprojekte te reël.

“Dit is tyd dat die Mooinooi-gemeenskap wys dat hulle nie sal terugstaan en toekyk hoe hul dorp verval en onder misdaad gebuk gaan nie. Die Mooinooi-tak sal aanhoudend druk op die Madibeng-munisipaliteit toepas, want die tyd vir terugstaan is verby. Die inwoners van Mooinooi sal nie verder afgeskeep word nie,” sluit Viljoen af.

Inwoners kan gebruik maak van die volgende bankbesonderhede:

AfriForum NPC

Eerste Nasionale Bank (FNB)

Rekeningnommer: 623 498 983 98

Takkode: 261 550

Verwysing: MOOINOOI

Word vandag nog deel van AfriForum se Mooinooi-tak: SMS “Mooinooi” na 45344 (R1) of skakel vir Alie Chamberlain by 078 874 3973.

Soortgelyke plasings