|

Mooirivier-veiligheidsnetwerke beskerm hul gemeenskappe

AfriForum se veiligheidsnetwerke in die Mooirivier het in Junie in samewerking met die SAPD en ander veiligheidsinstansies hul omgewing beveilig. Die buurtwagte het altesaam 475 patrollies in Bothaville, Sasolburg, Potchefstroom, Wolmaransstad en Stilfontein gery, terwyl AfriForum se Hartbeesfontein-plaaswag ook in hul area patrollie gery het.

In Bothaville is daar hulp verleen tydens twee groot veldbrande en verdagtes is aan die SAPD oorhandig in verband met ’n inbraak tydens werksure. In Sasolburg is daar ’n oorgrenspatrollie gehou en ’n gesin is bygestaan tydens ’n huisbrand. Die Hartbeesfontein-plaaswag het gehelp met die arrestasie van veediewe en ’n veediefstalpoging is gefnuik. In Potchefstroom was daar nie noemenswaardige voorvalle nie wat ’n aanduiding daarvan is dat die sigbaarheid van die buurtwag vrugte afwerp. Die Stilfontein-buurtwag het hulp verleen met die arrestasie van inbrekers en ook gesteelde koperkabels en die verdagtes aan die SAPD oorhandig. In Wolmaransstad is verdagtes aangekeer wat stopborde en koperkabels gesteel het.

Die buurtwagte in die streek het ook steunopleiding, buurtwagleieropleiding en VOLK-opleiding ontvang. Daar is ook hommeltuigvlieёniers en protospanlede opgelei.

“Die Mooirivier-buurtwagte is onontbeerlik in die gemeenskappe waar hulle funksioneer. ’n Mens sidder om te dink waar die misdaadsyfers sou wees sonder hierdie buurtwagte en daarvoor behoort die gemeenskappe baie dankbaar te wees. Ons moedig gemeenskapslede aan om betrokke te raak,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Raak vandag nog by AfriForum se buurtwagte betrokke. Jy kan help om jóú omgewing te beveilig: SMS “Buurtwag” na 45344 (R1).

Soortgelyke plasings