|

Munisipaliteit en AfriForum vat hande om vullisterrein reg te ruk

“Dit wys jou net wat kan gebeur as AfriForum en munisipaliteite hande vat,” meen Esther Swart, voorsitter van AfriForum se Westonaria-tak, oor die Libanon-vullisterrein se merkwaardige resultate in dié burgerregte-organisasie se jaarlikse vullisterreinoudit.

Dié vullisterrein het vanaf 9%-voldoening in 2018 verbeter tot ’n 100%-voldoening in 2019.

AfriForum het in 2014 sy eerste vullisterreinouditprojek van stapel gestuur om rekord te hou van die wyse waarop vullisterreine in Suid-Afrika bestuur word, asook om die betrokke owerhede tot verantwoording te roep in die geval waar vullisterreine swak bestuur word.

Volgens Jaco Grobbelaar, AfriForum se projekkoördineerder vir omgewingsake, kan dié verbetering toegeskryf word aan die goeie samewerking met die departement van omgewingsake en die munisipaliteit, asook volhoubare druk wat toegepas is.

“Gemeenskappe betaal belasting wat onder meer aangewend moet word vir die instandhouding en effektiewe, veilige bestuur van vullisterreine. Munisipaliteite wat nie hierdie plig nakom nie, moet deur hulle plaaslike gemeenskap verantwoordelik gehou word om vullisbestuur reg te ruk,” meen Grobbelaar.

Soortgelyke plasings