Munisipaliteit moet finansiële state bekend maak – Upington-tak


AfriForum se Upington-tak het ’n aansoek in terme van die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting, 2000 (wet no. 2 van 2000) (PAIA) gebring om vas te stel hoe die Dawid Kruiper Munisipaliteit belastingbetalers se geld bestee.
Die munisipaliteit het 30 dae om op dié aansoek te reageer. As hulle dit nié doen nie, moet die munisipaliteit skriftelike redes vir die weiering verskaf. “AfriForum sal ook vir Sylvia Lucas, premier van die Noord-Kaap, betrek as die munisipaliteit die inligting steeds weerhou. Ons wil bepaal of die begroting na behore gevolg word,” sê Gonda Louw, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Noord-Kaap.
Die tak het verder ’n aansoek ingedien om ’n organogram van die personeelstruktuur van die munisipaliteit te bekom.

“Ons wil munisipale werkers se kwalifikasies nagaan, aangesien senior personeel aan sekere vereistes moet voldoen. Ons wil dan ook bepaal hoeveel personeel daar is en wat hul salarisse beloop,” sluit Louw af.

Gee AfriForum se Upington-tak die mandaat om die munisipaliteit aan te vat. SMS “Upington” na 32532 (R1).

Soortgelyke plasings