Munisipaliteit verseker samewerking ná AfriForum die Klerksdorp-begraafplaas evalueer


Die City of Matlosana Plaaslike Munisipaliteit het hul samewerking aan AfriForum verseker ná die burgerregtewaghond die begraafplaas in Klerksdorp as deel van die organisasie se Rus in Vrede-veldtog geëvalueer en bevind het dat die perseel in ’n haglike toestand is.
AfriForum het gister, 4 September 2017, ’n brief van die munisipaliteit ontvang waarin mnr. TSR Nkhumise, munisipale bestuurder, AfriForum se versoek vir ’n vergadering om die skoonmaak van die begraafplaas te bespreek, verwelkom.

“Dit is die munisipaliteit se plig om begraafplase in stand te hou en daarom verwelkom AfriForum die positiewe terugvoer. Die datum van dié vergadering sal binnekort vasgestel word waartydens AfriForum ’n volhoubare aksieplan in samewerking met die munisipaliteit sal beplan. Waar moontlik sal die organisasie help om dié plan uit te voer,” sê Stephen Nel, AfriForum se assistentkoördineerder vir die Sentraalstreek.

AfriForum versoek die gemeenskap om die plaaslike AfriForum-tak te ondersteun deur by die inisiatief betrokke te raak.

Soortgelyke plasings