AfriForum Energie

AfriForum Energie is ’n breë elektrisiteitsplan wat vloei uit die besef dat die staat en Eskom nie meer in staat is om krag aan die land te voorsien nie. Ons kan nie langer toekyk hoe die land weens die kragkrisis tot niet gaan nie. AfriForum gaan ’n rol speel om beleggings en kundigheid bymekaar te bring om na ’n veelheid van oplossings en modelle te kyk.

Met die AfriForum Energie-platform skep AfriForum die geleentheid vir mense en ondernemings om:

  • aan AfriForum ’n mandaat te gee om namens hulle met die energiekrisiskomitee en Nersa te skakel;
  • deurlopend inligting en terugvoer oor die vordering met die proses te bekom;
  • inligting te bekom oor die registrasieproses vir verkope aan die netwerk wanneer dit vasgestel is;
  • die behoefte te bepaal vir sonkrag en sonkraginstallerings;
  • die behoefte te bepaal vir lewering in die netwerk; en
  • vrae te vra, voorstelle te maak en kommentaar te lewer.

AfriForum skep terselfdertyd die geleentheid vir geakkrediteerde diensverskaffers om hul besonderhede vir toekomstige gebruik aan Pionier te verskaf.

Die desentralisering van elektrisiteit is van kritiese belang en ons sal met alle rolspelers saamwerk om die doelwitte te berei.

1

FASE 1

Die eerste fase fokus op korttermynoplossings. AfriForum het ’n verslag vrygestel om die publiek en verbruikers te help met relevante inligting om die regte besluite te neem rondom kwessies soos sonpaneel-installering  om meer onafhanklik van Eskom te word. Dit behels ook voortgesette hofaksies teen die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) wat ondanks fase 6-beurtkrag ’n elektrisiteitsverhoging vir verbruikers aangekondig het.

2

FASE 2

Dorpe, stede en gemeenskappe moet gehelp word om druk op plaaslike regerings te plaas om hulle vry te maak van elektrisiteit wat deur munisipaliteite verkoop word. Die model wat die private maatskappy Rural Free State in die Mafube-distrik in die Vrystaat met sukses gebruik, sal verder nagevors word. Dié maatskappy het tien jaar gelede die bestuur van elektrisiteit in vier dorpe suksesvol oorgeneem.

3

FASE 3

Dit is die langtermynbeen van die plan waar daar na die moontlikhede van kernkrag en die inspan van kernenergie-oplossings gekyk word. Omvattende navorsing is egter nog hiervoor nodig.

Verbruikers

Beginsels van sonkrag

Basiese vrae oor sonkrag en sonkraginstallerings

Die uiteindelike besluit om ’n sonkragstelsel te installeer is vir baie mense reeds ’n groot stap. Buiten al die vrae oor finansies, watter stelsel om te installeer en watter produkte om te gebruik, is daar boonop ook die vraag oor watter installeerder mens moet gebruik.

Een van die eerste stappe wat voornemende sonkraggebruikers behoort te doen, is om ’n paar basiese vrae te vra en ’n bietjie meer kennis oor die onderwerp op te doen.

Wie mag sonkragstelsels installeer?

Enige elektriese kontrakteur wat sonkragtegnologie installeer, moet ingevolge die elektriese-installeringsregulasies (EIR) geregistreer wees. Dié elektriese kontrakteur moet óf ’n gelisensieerde elektrisiën wees, óf moet ’n gelisensieerde elektrisiën as ’n voltydse werker of as ’n kontrakteur hê. Enige kontrakteur wat sonkragtegnologie installeer, moet jaarliks by die hoofinspekteur registreer.

Nuwe sonkraginstallerings

Alle nuwe sonkraginstallerings vereis die toesig en algemene beheer deur ’n installeringselektrisiën (IE) of ’n meesterinstalleringselektrisiën (MIE). Enige installering behoort slegs deur ’n gekwalifiseerde en geregistreerde elektrisiën gedoen te word. Geen ander persoon behoort installering te doen tensy hulle dit doen onder die algemene toesig van ’n geregistreerde en gekwalifiseerde elektrisiën nie.

Groenkaart-kwalifikasie

Daar is verskeie organisasies wat sonkragtegnologie installeer. Dit is belangrik om te besef dat enige kaart (soos die groen kaart) wat deur opleiers uitgereik word slegs bykomend van aard is en tot die verbreding van kennis oor sonkraginstallerings bydra. Dit is in sigself nie ’n kwalifikasie wat die houer daarvan toelaat om wettige installerings te doen nie; dit is egter baie nuttig vir gekwalifiseerde, geregistreerde elektrisiëns wat installasiewerk doen.

Sertifikaat van voldoening

Voordat enige wysiging aan bestaande of bykomende elektriese werk gedoen word, moet daar reeds ’n sertifikaat van voldoening (Engels: certificate of compliance of COC) vir die bestaande installering wees. Indien nie, moet dit eers uitgereik word (EIR). Enige persoon wat elektriese installeringswerk onderneem, moet toesien dat ’n geldige sertifikaat van voldoening vir die werk uitgereik word. Slegs ’n IE of ’n MIE mag ’n sertifikaat van voldoening vir sonkraginstallerings uitreik. ’n Gelisensieerde enkelfasetoetser mag nie met gelykstroom werk nie en mag daarom nie op gelykstroominstallerings afteken nie, wat sonkraginstallerings insluit. ’n Gelisensieerde enkelfasetoetser mag daarom ook nie ’n sertifikaat van voldoening vir sonkraginstallerings uitreik nie.

Waaraan moet die verskaffer van die sonkraginstallerings voldoen?

Finansiering van sonkrag

Wenke:

Bereken hoeveel jy wil spandeer

Voordat jy ’n finansieringsaansoek kan indien, moet jy uitwerk presies hoeveel jy elke maand op jou terugbetalings wil spandeer. Onthou om faktore soos ander uitgawes, byvoorbeeld installering by jou begroting te voeg

Dokumentasie wat jy gaan nodig kry vir die finansiering:

Berei die nodige dokumentasie voor om onnodige oponthoud te vermy:

  • ID-dokument
  • laaste drie betaalstrokies of laaste drie maande se bankstate
  • bewys van woonadres nie ouer as drie maande nie

Kry finansiering vir sonkrag hiér.

Individu

Onderneming

Onderneming registreer as ’n verskaffer

(om deel te vorm van die finansieringsnetwerk)

Opleiding

Wil jy geakkrediteerde opleiding ontvang? Klik hier.

Donasies

Banknaam: First National Bank
Rekeninghouer: AfriForum NPC
Takkode: 261550
Rekeningnommer: 62349898398
SWIFT-kode: FIRNZAJJ
Verwysing / Reference: AfriEnergie

Kontak ons

"*" indicates required fields

Naam en van*

Verskaffers

Beginsels van sonkrag

Verifeer as ’n verskaffer

Opleiding

Wil jy geakkrediteerde opleiding ontvang? Klik hier.

Donasies

Banknaam: First National Bank
Rekeninghouer: AfriForum NPC
Takkode: 261550
Rekeningnommer: 62349898398
SWIFT-kode: FIRNZAJJ
Verwysing / Reference: AfriEnergie

Kontak ons

"*" indicates required fields

Naam en van*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.