|

Naboomspruit-tak skenk flitse aan munisipaliteit

Die AfriForum-tak in Naboomspruit het op 17 Junie 2020 flitse en kopligte aan die Modimolle-Mookgophong Plaaslike Munisipaliteit geskenk om hul werk in die Naboomspruit-omgewing te vergemaklik.

Philip van Staden, voorsitter van AfriForum se Naboomspruit-tak, het opgelet het dat dié munisipaliteit ’n probleem met hul 24-uur-hulpdienste ondervind omdat tegnici hul selfone se flitse moet gebruik wanneer herstelwerk ná sononder verrig word. Daarom het die tak besluit om die flitse aan te koop, wat ook in die munisipaliteit se bateregister opgeneem is.

Van Staden het die afgelope jare statistiek bygehou wat uitwys hoeveel kragonderbrekings daar in die gebied is. Hy het met dié statistiek bewys dat dié onderbrekings onder meer die oorsaak is dat boere se waterpompe oppak.

“Ons wil eerder saam met die munisipaliteit werk om ’n beter omgewing vir inwoners te bewerkstellig as om teen hulle te baklei. Ons hoop dat die flitse amptenare se werk sal vergemaklik,” sê Van Staden.

Raak vandag nog by AfriForum se Naboomspruit-tak betrokke en word deel van die verskil: SMS jou naam na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings