Nelspruit-buurtwag neem deel aan nasionale patrollie

 

Die Afriforum-buurtwag in Nelspruit het op 11 Maart 2017 aan AfriForum se nasionale patrollie-veldtog deelgeneem. Die doel van dié patrollie was om sigbaarheid in die omgewing te verhoog, gemeenskappe bymekaar te bring en samewerking tussen alle veiligheidsrolspelers te verbeter.
Die patrollie-eenheid het bestaan uit ses buurtwagvoertuie en ongeveer 12 mans. Hulle het amper 226 km in 23 manuur afgelê.

“Ek glo dat die buurtwag ’n keerpunt in die geveg teen misdaad in Nelspruit, spesifiek Burnside, is. AfriForum-buurtwagte het ’n reputasie van goeie dissipline en goeie samewerking met die polisie, en die veiligheid van die Burnside-gemeenskap is in goeie hande,” sê Johann Weber, AfriForum se streekskoördineerder vir Mpumalanga-Oos.

’n Skoonmaakaksie langs die Cairn- en Burnside-toegangsroetes is ook gedoen en die gemeenskap het onkruid langs die paaie uitgeroei ten einde sigbaarheid te verbeter.

Soortgelyke plasings