Nigel-tak en SAPD staan saam teen misdaad


Die AfriForum-tak in Nigel het onlangs hul samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in dié dorp bevestig. Die tak het ’n afskrif van die samewerkingsooreenkoms wat op 16 Januarie 2017 tussen AfriForum en die SAPD in Centurion gesluit is aan kapt. M. Nkhabelane, stasiebevelvoerder, oorhandig.

“Hierdie ooreenkoms beteken dat AfriForum nou amptelik erken word as ’n vennoot in die geveg teen misdaad en dat die SAPD bereid is om saam met ons te werk op ’n plaaslike en nasionale vlak. Dit is vir AfriForum belangrik om saam met die SAPD te werk en veiligheidsinisiatiewe binne die raamwerk van die wet ui te voer,” sê Neels Toerien, takvoorsitter in Nigel.
“Dit is verblydend om te sien dat die SAPD bereid is om met AfriForum-buurtwagte hande te vat en ons by te staan met projekte en inisiatiewe,” sê Wico Swanepoel, AfriForum se provinsiale koördineerder vir Gauteng-Suid.

Soortgelyke plasings