Noord-Kaapse AfriForum-buurtwagte neem aan nasionale massapatrollie deel


Die AfriForum-buurtwagte in Kuruman, Kathu, Upington en Springbok het die afgelope naweek aan die burgerregte-organisasie se nasionale massapatrollie deelgeneem. Dié patrollie is suksesvol deur sowat 104 buurtwaglede voltooi.

“Die patrolleerders het die onderskeie dorpe tussen Saterdagaand 19:00 en Sondagoggend 6:00 in skofte gepatrolleer. Patrolleerders het 4 007 km in 1 144 manuur afgelê. Geen ernstige voorvalle van misdaad is aangemeld nie,” sê Gonda Louw, AfriForum se distrikskoördineer vir die Noord-Kaap.

Louw voeg by dat die patrollie op misdaadvoorkoming en die sigbaarheid van veiligheidstrukture gemik was en baie goed in dié doel geslaag het.

“Ons beoog om meer gereelde massapatrollies saam met die SAPD te reël om te wys dat misdaad nie ’n plek in ons dorpe het nie.”

Raak vandag betrokke deur “Buurtwag” te SMS na 32532 (R1).

Soortgelyke plasings