| | |

Nuutgestigte beheerkamer speel sleutelrol in bekamping van misdaad

Die nuutgestigte beheerkamer wat bystand bied aan AfriForum se noordstreek (Gauteng, Mpumalanga en Limpopo) speel ’n kernrol in die bekamping van misdaad

Een suksesverhaal wat daarvan getuig, is die inhegtenisneming van ’n verdagte met ’n gesteelde voertuig in Springs. Die gemeenskap het op 7 Oktober AfriForum se Springs-buurtwag verwittig van ’n verdagte voertuig in die gebied. Die buurtwag het in samewerking met die noordstreek-beheerkamer en verskeie sekuriteitsmaatskappye verdere ondersoek ingestel en bevestig dat die voertuig wel gesteel was.

Die buurtwag het die polisie onmiddellik in kennis gestel van die situasie waarna die verdagte in hegtenis geneem is. Die verdagte is saam met die voertuig na die plaaslike polisiekantoor geneem. Sonder samewerking sou die voertuig en die verdagte verdwyn het sonder enige optrede. Die onderlinge bystand tussen sekuriteitsmaatskappye en buurtwagte is besig om vrugte af te werp en dit kan duidelik gesien word in suksesse soos dié.

“Om hierdie optredes tussen rolspelers te koördineer, is ’n taak wat met kommunikasie deurgetrek word. Beheersentrums moet dus opgerig word om die kernpunt te wees van gesamentlike operasies,” sê Llewellyn Hemmens, AfriForum se provinsiale veiligheidskoördineerder vir die noordstreek.

“Ek wil graag dankie sê vir Wolf- en TTR24-sekuriteit wat sonder huiwering die buurtwag deurlopend met die bekamping van misdaad ondersteun,” sê Morné Greyling, voorsitter van AfriForum se Springs-buurtwag.

Soortgelyke plasings