|

Nuwe AfriForum-buurtwag help om Struisbaai te beveilig

Die AfriForum-tak in Kaap Agulhas het op 19 September ’n groot stap in die beveiliging van hul gemeenskappe geneem deur ’n buurtwag in Struisbaai te stig.

AfriForum se nuwe Struisbaai-buurtwag sal nou saam met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en ander veiligheidstrukture werk om die gemeenskap te beveilig deur gereelde patrollies en gesamentlike operasies.

“Ons is opgewonde om saam met ander rolspelers te werk om ons gemeenskap te beveilig en te voorkom dat geweld en misdaad ’n vastrapplek in ons omgewing kry,” sê Andrew Hudson, die nuutverkose leier van AfriForum se Struisbaai-buurtwag.

Die res van die bestuur bestaan uit Jaco Marais (operasionele spanleier), Suretha Brits (inligtingspanleier) en Johan Schoombee (steunspanleier).

Die AfriForum-tak in Kaap Agulhas het reeds verskeie gemeenskapsprojekte van stapel gestuur en veiligheid sal nou ook deel van hul fokus wees. Stuur ’n e-pos na marthinus.erasmus@afriforum.co.za  of bel hom by 081 216 9602 om by AfriForum se Kaap Agulhas-strukture aan te sluit.

Soortgelyke plasings