|

Nuwe boek belig kultuurvryheid vir minderhede

Klein kultuurgroepe beleef wêreldwyd druk van onder meer meerderheidsregerings, maar tog is alternatiewe modelle beskikbaar vir dié groepe om ’n sekere mate van kultuurvryheid te geniet.

Só meen dr. Heinrich Matthee, redakteur van Kraal Uitgewers se nuutste publikasie, Kultuurvryheid en Selfbestuur: Keuses van klein groepe wêreldwyd, wat handel oor die versekering van kulturele vryheid vir minderheidsgroepe binne ʼn spesifieke politieke bestel.

In dié boek bespreek twaalf vooraanstaande akademici uit Suid-Afrika, Zimbabwe, Nederland, Vlaandere, Duitsland, Australië en die VSA, hoe groepe en regerings wêreldwyd gebiedsongebonde instellings beproef of nastreef.

Medewerkers sluit in proff. Koos Malan, regskenner en dosent verbonde aan die Universiteit van Pretoria (UP), Louis du Plessis, ʼn politieke wetenskaplike, Deon Geldenhuys, verbonde aan die departement politiek en internasionale betrekkinge aan die Universiteit van Johannesburg (UJ) Danie Goosen, dosent in godsdiensfilosofie aan Unisa, en mnr. Yagyah Adams, leier van die Kaapse Moslem Kongres.

“Die boek is ʼn slypskool om alles te leer rakende terme en begrippe soos assimilering, institusionalisering, territorialisering en hoe dit van toepassing is op minderheidsgroepe om hulself sterkter te maak,” meen Du Plessis.

Vir meer inligting of om ʼn bestelling te plaas, besoek www.kraaluitgewers.co.za.

Soortgelyke plasings