Nuwe gesondheidswetgewingregulasies

AfriForum het op 5 Mei aangekondig dat dit sal voortgaan met regsaksie teen die voorgestelde wysigings aan die Nasionale Gesondheidswet 61 van 2003 en die Wet op Internasionale Gesondheidsregulasies 28 van 1974. Die nuwe gesondheidsregulasies sal tot gevolg hê dat die tydelike gesondheidsmaatreëls wat die regering tydens die ramptoestand ingestel het, voortaan permanent toegepas word. AfriForum is ten sterkste en onomwonde gekant teen die wysiging van hierdie regulasies. AfriForum het reeds vroeër die Department van Gesondheid gewaarsku met regsaksie indien hulle sou voortgaan met hierdie wysigings. Die wysigings bepaal onder andere die volgende:

  • Enigiemand wat Suid-Afrika tydens ’n pandemie binnekom of verlaat en nie ’n inentingsertifikaat het nie, sal ’n negatiewe PCR-toets moet verskaf wat nie ouer is as 72 uur nie.
  • Beperkings op nagwake en byeenkomste ná begrafnisse sal steeds van krag wees,
  • Binnenshuise en buitemuurse byeenkomste mag beset word tot op 50% van die beskikbare kapasiteit wanneer inentingsertifikate vereis word vir toegang. Vir byeenkomste waar inentingsertifikate nie vereis word nie, sal beperkings van 1 000 vir binnenshuise en 2 000 vir buitemuurse byeenkomste van toepassing wees.
  • Gesigmaskers sal verpligtend wees vir toegang tot binnenshuise byeenkomste, openbare plekke en openbare vervoer.

AfriForum gaan die hof nader op dringende basis om die maatreëls tot niet te laat verklaar.

https://afriforum.co.za/wp-content/uploads/2022/04/Letter-and-written-representations-to-the-Minister-of-Health-dated-13-April-2022.pdf

Steun AfriForum se hofsaak deur jou naam by te voeg:

Soortgelyke plasings