|

Nuwe hommeltuig vir Teks-buurtwag om met misdaadbekamping te help

AfriForum se Teks-buurtwag (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda) spog met ’n nuwe hommeltuig en twee nuut opgeleide hommeltuigvlieëniers.

Hommeltuie word met groot sukses tydens buurtwagaktiwiteite ingespan en word ook gebruik om die gemeenskap te help beveilig en ondersteuning aan die SAPD te bied.

Jan du Plessis en Ebert Myburgh van die Teks-buurtwag is opgelei om die nuwe hommeltuig te vlieg.

“Hierdie is ’n groot stap vir ons buurtwag en ons is opgewonde om ons gemeenskap verder te beveilig,” sê Jan du Plessis, voorsitter van AfriForum se Teks-tak.

Soortgelyke plasings