|

Nuwe Mosel-buurtwagbestuur gereed om gemeenskap veilig te hou

AfriForum se Uitenhage-tak het die nuwe bestuur van die Mosel-buurtwag aangekondig en dié buurtwag is nou slaggereed om die gemeenskap veilig te hou.

Die nuwe bestuur is Louis van der Vyver (buurtwagleier), Igsaan Swartz (spanleier: operasioneel), Andries Potgieter (spanleier: inligting) en Minette van der Vyver (steunspanleier).

Die verkiesing van die bestuur is voorafgegaan deur ’n aanbieding deur David Olivier, AfriForum se streekshoof van Gemeenskapsveiligheid in die suidstreek. Gemeenskapslede van Uitenhage het die vergadering bygewoon.

Olivier het tydens sy aanbieding beklemtoon hoe belangrik opleiding vir buurtwaglede en bestuurslede is en ’n uiteensetting gegee van die opleiding wat AfriForum aan hul lede voorsien. AfriForum se Mosel-buurtwaglede sal in die volgende paar weke opleiding ondergaan en toegerus word met die nodige patrollietoerusting. Hulle sal ook toegang kry tot AfriForum se radionetwerk en toegang hê tot regsbystand en die groter AfriForum-veiligheidsnetwerk.

Volgens Louis van der Vyver kan die beveiliging van ’n gebied nie in silos bedryf word nie en die Mosel-buurtwag sluit hom hiermee aan by ’n netwerk van ander AfriForum-strukture. “AfriForum glo dat alle veiligheidsrolspelers in die gemeenskap moet saam werk aan ’n  gemeenskaplike doel en ons vat graag hande met die groter gemeenskap van Uitenhage en omliggende gebied om dit te beveilig.”

“Die veiligheidsuitdagings wat ons gemeenskappe deesdae in die gesig staar vereis dat ’n  buurtwaglid toegerus moet wees met die nodige kennis om met selfvertroue op te tree en goeie besluitneming aan die dag te kan lê, AfriForum bied vir ons ’n uitgebreide opleidingsprogram en ons sal dus spoedig daarmee afskop,” sluit Van der Vyver af.

Soortgelyke plasings