Nuwe tak in Schweizer Reneke maak park skoon


Sowat 12 leerlinge van Laerskool Schweizer Reneke het die nuutgestigte AfriForum-tak in dié dorp gehelp om die park by die lokomotief in die middel van die dorp skoon te maak.
Madi Swanepoel, hoof van die tak se jeugportefeulje, het dié skoonmaak-aksie gelei. Volgens haar is die park byna altyd vuil, veral aan die einde van elke maand.

“Dis belangrik dat inwoners trots is op die dorp waarin hulle woon. Ons hoop om met die aksies wat ons in Schweizer Reneke aanpak ’n daadwerklike verskil te maak wat só trots sal kweek,” sê Swanepoel.

Alta Pretorius-Swart, AfriForum se streekskoördineerder vir Stellaland, sê dit was ’n riem onder die hart om te sien met hoeveel entoesiasme en ywer die laerskoolleerlinge die skoonmaakaksie voltooi het.
Verskeie plaaslike ondernemings het ook tot die skoonmaakaksie bygedra deur swartsakke en handskoene vir die leerlinge te borg.

“Die tak beplan talle soortgelyke aksies en projekte vir Schweizer Reneke,” sê Pretorius-Swart.

Raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS “Schweizer” na 45351 (R1).

Soortgelyke plasings